1 Corinthians 7:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jy trou, het jy nie gesondig nie; en as 'n maagd trou, het sy nie gesondig nie. Maar sulke mense sal moeilikheid in die vlees hê, maar Ek spaar julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as jy sou trou, doen jy nie sonde nie en as die ongetroude meisie sou trou, doen sy nie sonde nie. Ek wil julle egter die ekstra kwellinge spaar wat die huwelik meebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as 'n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar. |
| Afrikaans 1983 | Maar as jy tog trou, doen jy nie verkeerd nie. En as 'n jongmeisie trou, doen sy nie verkeerd nie. Maar sulke mense sal swaar kry in hierdie lewe, en ek wil julle dit bespaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jy egter trou, sondig jy nie, en as 'n maagd trou, sondig sy nie. Maar wie trou, sal in hierdie lewe swaarkry – en dit wil ek julle spaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as 'n jongman trou, dan doen hy nie sonde nie. En as 'n jongmeisie trou, dan doen sy nie sonde nie. Maar getroude mense sal swaarkry omdat daar so baie dinge is wat mense moet doen wanneer hulle getroud is, en ek wil nie hê julle moet swaarkry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net so moet jy, as jy ongetroud is, nie nou naarstig na ’n huweliksmaat begin soek nie. Dit beteken natuurlik nie dat as jy wel trou, jy nou ’n groot sonde doen nie. Maar een ding moet jy weet: as jy trou, sal dit net soveel swaarder vir jou wees in hierdie moeilike tye. Ek probeer julle dit maar net spaar. |