1 Corinthians 7:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek dink dan dat dit goed is vir die huidige benoudheid, sê ek, dat dit goed is vir 'n mens om so te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Met die oog op die swaarkry van die eindtyd, dink ek dis die beste dat julle bly soos julle nou is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood -- dat dit goed is vir 'n mens om so te bly. |
| Afrikaans 1983 | Ek meen dat, met die oog op die swaarkry van die eindtyd, dit vir 'n mens goed is om te bly soos hy is: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Weens die nood wat op hande is, meen ek dat dit vir 'n mens goed is om te bly soos jy is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense sal baie swaar kry in die tyd wat kom. Daarom dink ek dit is goed as iemand bly soos hy is, getroud of nie getroud nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat dit vandag nie so maklik is om ’n Christen te wees nie, is dit beter om nie aan jou situasie te verander nie. Hou dit soos dit is. |