1 Corinthians 7:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aangaande maagde het ek geen gebod van die Here nie; tog gee ek my oordeel soos een wat barmhartigheid van die Here verkry het om getrou te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat die ongetroude meisies betref, beskik ek nie oor ’n opdrag van die Here nie. Maar die Here het my begenadig om betroubare leiding te gee en daarom gee ek nou my mening aan julle deur. |
| Afrikaans 1933/1953 | In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is. |
| Afrikaans 1983 | Wat die ongetroudes betref, het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my eie mening as iemand wat deur die genade van die Here betroubaar is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat maagdelikheid betref, het ek nie 'n voorskrif van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat, as begenadigde van die Here, betroubaar is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het nie spesiaal iets gesê vir die jongmense wat nog nie getroud is nie. Maar ek wil vir julle sê wat ek dink julle moet doen. Die Here was goed vir my, julle kan nou vir my glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het ook nog vrae gehad oor die jongmense wat nie getroud is nie. Ook hieroor het die Here nie spesifiek gesê wat ons moet doen nie. Ek gaan maar weer sê wat ek daaroor dink. My opinie is mos nie niks werd nie. Deur die goedheid van die Here kan julle julle maar steur aan wat ek sê. |