1 Corinthians 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hy wat in die Here geroep is, wat 'n dienskneg is, is die vryman van die Here; net so is hy wat geroep is, wat vry is, die dienaar van Christus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En onthou, alhoewel jy ’n slaaf was toe die Here jou geroep het, het jy ’n vrygemaakte van die Here geword; en omgekeerd, as jy vry was toe jy geroep is, het jy ’n slaaf van Christus geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die slaaf wat in die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, 'n slaaf van Christus. |
| Afrikaans 1983 | 'n Slaaf wat deur die Here geroep is, is immers 'n vrygemaakte van die Here. Net so ook is 'n vry man wat deur die Here geroep is, nou 'n slaaf van Christus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die slaaf wat deur die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; net so is die een wat as 'n vry mens geroep is, 'n slaaf van •Christus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit maak nie saak of jy 'n slaaf is en of jy vry is nie, want as jy 'n slaaf is en die Here het jou gekies, dan is jy vry omdat jy aan die Here behoort. En as jy vry is en die Here het jou gekies, dan is jy 'n slaaf van Christus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die Here jou roep as sy kind, is jy werklik vry, of jy nou in die gewone lewe ’n slaaf is of nie. Net so, as jy die Here se kind is, moet jy na Hom luister, of jy nou die belangrikste baas in die gewone lewe is of nie. Net soos iets wat jy gekoop het joune is, net so het die Here julle gekoop en boonop nog baie duur betaal ook. |