1 Corinthians 7:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is jy 'n dienskneg genoem? sorg nie daarvoor nie, maar as jy vrygemaak kan word, gebruik dit eerder.
Afrikaans (NLV) 2011 Is jy ’n slaaf? Moet jou nie daaroor verknies nie — maar as jy wel jou vryheid kan verkry, gryp die geleentheid beslis aan.
Afrikaans 1933/1953 Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
Afrikaans 1983 As jy 'n slaaf was toe God jou geroep het, moet jy jou nie daaroor kwel nie. Maar as jy die kans kry om vry te word, maak gerus daarvan gebruik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is jy geroep toe jy 'n slaaf was, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy tog kan vry word, maak ten alle koste daarvan gebruik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy 'n slaaf was toe God jou gekies het, dan moet jy nie daaroor bekommerd wees dat jy 'n slaaf is nie. Maar as jou eienaar jou wil laat gaan om vry te wees, dan kan jy dit aanvaar en jy kan 'n vry man of vrou word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy byvoorbeeld ’n slaaf was toe die Here se pad joune gekruis het, moet jy jou nie vreeslik daaroor bekommer dat jy ’n slaaf is nie. Maar as jy ’n kans kry om vry te word, doen dit.