1 Corinthians 7:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die besnydenis is niks, en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Of jy besny is of nie — dis heeltemal onbelangrik. Wat wel belangrik is, is om God se opdragte na te kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God. |
| Afrikaans 1983 | Dit kom nie daarop aan of iemand besny is of nie, maar wel of hy die gebooie van God onderhou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die besnydenis beteken nie iets nie, die onbesnedenheid beteken nie iets nie, maar wel die gehoorsaamheid aan God se gebooie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is nie belangrik om besny te wees of nie besny te wees nie. Maar wat belangrik is, is dat jy gehoorsaam moet wees aan die wette van God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit maak niks saak of julle nou besny is of nie. Wat eintlik van belang is, is of julle luister na wat God van julle vra. |