1 Corinthians 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Word iemand geroep om besny te word? laat hom nie onbesnede word nie. Is iemand in onbesnedenheid geroep? laat hom nie besny word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy byvoorbeeld reeds besny was toe jy geroep is, moet jy nie jou besnydenis ongedaan laat maak nie. As jy onbesnede was toe jy geroep is, moet jy jou nie nou laat besny nie.
Afrikaans 1933/1953 Is iemand as 'n besnedene geroep -- hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep -- hy moet hom nie laat besny nie.
Afrikaans 1983 As iemand reeds besny was toe God hom geroep het, moet hy die teken van sy besnydenis nie ongedaan probeer maak nie. As iemand 'n onbesnedene was toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iemand wat besny was toe hy geroep is, moet dit nie ongedaan laat maak nie. Iemand wat onbesny was toe hy geroep is, moet hom nie laat besny nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy besny was toe God jou gekies het, moenie dan probeer om weg te steek dat jy besny is nie. En as jy nie besny was toe God jou gekies het nie, moenie dan vra dat iemand jou moet besny nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense onder julle wat besny is omdat hulle Jode is, hoef nie daaroor skaam te wees noudat hulle Christene geword het nie. As daar van julle is wat nie besny is nie, hoef julle dit ook nie te doen noudat julle Christene geword het nie.