1 Corinthians 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wat weet jy, o vrou, of jy jou man sal red? of hoe weet jy, o man, of jy jou vrou sal red?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie weet, dalk help jy as Christenvrou jou man om verlos te word. Of wie weet, dalk help jy as Christenman jou vrou om verlos te word.
Afrikaans 1933/1953 Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
Afrikaans 1983 Jy, vrou, weet immers nie of jy jou man sal red nie. Of jy, man, hoe weet jy of jy jou vrou sal red?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hoe weet jy, vrou, of jy nie jou man sal red nie? Of hoe weet jy, man, of jy nie jou vrou sal red nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die gelowige vrou kan nie seker weet dat sy haar ongelowige man vir God sal kan red nie. En die gelowige man kan nie seker weet dat hy sy ongelowige vrou vir God sal kan red nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy sê dat jy in onvrede getroud wil bly om so jou ongelowige huweliksmaat ’n Christen te probeer maak, waag jy ’n groot kans. Hoe weet jy of jou plan sal uitwerk?