1 Corinthians 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die ongelowige weggaan, laat hom weggaan. 'n Broer of 'n suster is in sulke gevalle nie onder slawerny nie, maar God het ons tot vrede geroep.
Afrikaans (NLV) 2011 (Maar as die ongelowige huweliksmaat daarop aandring om te skei, laat dit dan so wees. In sulke gevalle is die Christenbroer of -suster nie verplig om met die huwelik voort te gaan nie. God wil immers hê dat julle in vrede lewe.)
Afrikaans 1933/1953 Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
Afrikaans 1983 As die ongelowige egter wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die gelowige man of vrou nie gebind nie. God het julle geroep om in vrede te lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die ongelowige egter wil skei, laat hy skei; in sulke gevalle is die broer of suster nie gebonde nie. God het julle egter geroep om in vrede te leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die óngelowige man of vrou wil skei, dan moet julle nie vir hulle keer nie, want God wil hê daar moet vrede wees tussen 'n man en sy vrou. Niemand kan sê die gelowige man of vrou móét getroud bly nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar as die nie-Christen wil skei, laat hy dit doen. Die Christen hoef in so ’n geval nie te voel hy doen iets verkeerds as die nie-Christen sy goed vat en loop nie. Dit is beter so as om in onmin saam te leef, want God wil hê sy kinders moet in vrede leef.