1 Corinthians 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die ongelowige man word deur die vrou geheilig, en die ongelowige vrou word deur die man geheilig; anders was julle kinders onrein; maar nou is hulle heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want die Christenvrou bring ’n atmosfeer van gewydheid oor haar ongelowige man en die Christenman bring ’n atmosfeer van gewydheid oor sy vrou. Anders sou julle kinders nie aan God toegewyd wees nie, maar nou is hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig. |
| Afrikaans 1983 | Die ongelowige man is by God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou, en die ongelowige vrou is by God aanneemlik deur die band met die gelowige man. Anders sou julle kinders heidene wees, maar nou behoort hulle aan God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die ongelowige man is immers deur sy gelowige vrou geheilig, en die ongelowige vrou is deur haar gelowige man geheilig; anders sou hulle kinders •onrein wees, maar nou is hulle heilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want omdat die ongelowige man getroud is met die gelowige vrou, sal hy miskien ook later aan God behoort. En omdat die ongelowige vrou getroud is met die gelowige man, sal sy miskien ook later aan God behoort. As dit nie so was nie, dan sou hulle kinders nie aan God behoort het nie, maar nou behoort hulle kinders aan God. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |