1 Corinthians 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as sy weggaan, laat sy ongetroud bly of met haar man versoen; en laat die man nie van sy vrou skei nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as sy dit tog wel doen, moet sy ongetroud bly of haar met haar man versoen. Net so mag die man ook nie van sy vrou skei nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie. |
| Afrikaans 1983 | As sy tog skei, moet sy daarna ongetroud bly of haar met haar man versoen. Net so mag 'n man ook nie van sy vrou skei nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As sy tog skei, laat sy ongetroud bly of haar met haar man versoen. 'n Man mag ook nie van sy vrou skei nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as sy skei, dan moet sy ongetroud bly, of sy moet weer teruggaan na haar man toe. Die man mag ook nie van sy vrou skei nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand klaar geskei is, moet hy nie weer met iemand anders trou nie. Die ander moontlikheid is natuurlik om weer na sy maat toe terug te gaan. |