1 Corinthians 7:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan die getroudes beveel ek, maar nie ek nie, maar die Here: Laat die vrou nie van haar man skei nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die getroudes het ek ’n opdrag wat nie bloot van my kom nie, maar van die Here self. Dit is dat ’n vrou nie van haar man behoort te skei nie.
Afrikaans 1933/1953 En aan die getroudes beveel ek -- nie ek nie, maar die Here -- dat die vrou nie van die man moet skei nie;
Afrikaans 1983 Die getroudes beveel ek — nee, nie ek nie, maar die Here — dat 'n vrou nie van haar man mag skei nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan dié wat getroud is, gee ek die opdrag – nie ek nie, maar die Here – dat 'n vrou nie van haar man mag skei nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek sê vir die mense wat getroud is, nee, dit is nie ék wat sê nie, dit is die Hére wat sê: 'n Vrou mag nie van haar man skei nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit bring my by die getroudes. Ek het ook iets om vir hulle te sê. Dit is wat die Here self verwag: getroudes moet getroud bly en mag nie skei nie.