1 Corinthians 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oor die dinge waarvan julle aan my geskryf het: Dit is goed vir 'n man om nie aan 'n vrou te raak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek kom nou by die vrae wat julle in julle brief gestel het. Ja, ’n selibaatlewe is goed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het -- dit is goed vir 'n man om 'n vrou nie aan te raak nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek kom nou by die dinge waaroor julle aan my geskryf het. Dit is goed vir 'n man om sonder 'n vrou te lewe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verder, met verwysing na waaroor julle geskryf het: “Dit is goed vir 'n man om nie met 'n vrou omgang te hê nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil nou praat oor die dinge wat julle vir my geskryf en gevra het. Julle sê dit is goed dat 'n mens nie trou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou kom ek by die vrae in julle brief. Daar is niks mee verkeerd as iemand nie trou nie. |