1 Corinthians 6:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is dan nou heeltemal 'n fout onder julle, omdat julle die een met die ander regkry. Waarom neem julle nie eerder verkeerd nie? waarom laat julle nie liewer toe dat julle bedrieg word nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bloot die feit dat julle hofsake onder mekaar het, is al klaar vir julle ’n neerlaag. Hoekom dan nie maar die onreg ly en dit daarby laat nie? Hoekom laat julle julle nie maar eerder benadeel nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan is dit al werklik 'n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie? |
| Afrikaans 1983 | Eintlik is julle saak al klaar verlore, omdat julle hofsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is reeds 'n volslae nederlaag vir julle dat julle hofsake teen mekaar maak. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie besteel nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het al klaar julle naam sleg gemaak omdat julle probleme het en mekaar daaroor na die hof vat. Hoekom is julle nie geduldig wanneer iemand verkeerde dinge aan julle doen of julle kul en julle goed vat nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat sê julle nou eintlik met hierdie hofsake wat julle so teen mekaar voer? Julle sê eintlik dat julle ’n klomp verloorders is. Nie een van julle kan ’n wenner in so ’n saak wees nie. Hoekom is julle nie maar bereid om die minste te wees of selfs maar aan die kortste ent te trek ter wille van die groter saak van julle Christenskap nie? |