1 Corinthians 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek spreek tot jou skande. Is dit so dat daar nie 'n wyse man onder julle is nie? nee, nie een wat tussen sy broers kan oordeel nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sê dit om julle skaam te laat kry. Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik om oor geskille tussen julle te beslis nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie? |
| Afrikaans 1983 | Ek sê dit om julle skaam te maak. Is daar dan nie 'n enkele verstandige mens onder julle wat 'n saak tussen gelowiges kan besleg nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sê hierdie dinge om julle te beskaam. Is daar dan nie eers een wyse onder julle wat in staat is om reg te spreek oor sy broer nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê dit sodat julle skaam moet word. Ek is seker daar is party van julle wat verstandig is en wat kan sê hoe gelowiges hulle probleme kan regmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê dit om julle ’n bietjie wakker te skud sodat julle kan sien wat julle besig is om te doen. Wil julle sowaar vir my sê dat daar nie ’n enkele persoon onder julle is wat verstandig genoeg is om julle te help om julle probleme onder mekaar op te los nie? |