1 Corinthians 6:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle dan oordele het oor dinge wat met hierdie lewe verband hou, stel hulle dan aan om te oordeel wie in die gemeente die minste geag word.
Afrikaans (NLV) 2011 As julle sulke alledaagse geskille het, waarom laat julle buitestanders daaroor uitspraak gee — mense wat nie eers in die gemeente gerespekteer word nie?
Afrikaans 1933/1953 As julle dan alledaagse regsake het, moet julle die persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
Afrikaans 1983 As julle oor alledaagse dinge geskille het, laat julle dan dié mense as regters optree op wie die gemeente neersien?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As julle 'n regsgeding oor alledaagse sake het, laat julle dit besleg deur mense wat geen aansien in die •gemeente het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wat in die gemeente is, respekteer nie die regters van die wêreld nie! Hoekom vra julle dan dat húlle moet besluit oor julle gewone probleme?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle dan met mekaar vassit, waarom hardloop julle na regters toe wat nie eens in die gemeente is nie? Hoe is dit moontlik om so ’n persoon te vertrou met wat reg of verkeerd is?