1 Corinthians 6:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? en as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onwaardig om oor die kleinste sake te oordeel?
Afrikaans (NLV) 2011 Besef julle dan nie dat ons Christene eendag die wêreld gaan oordeel nie? Terwyl julle dan die wêreld gaan oordeel, beskou julle julleself dan onbevoeg om selfs die kleinste ou sakies te beoordeel?
Afrikaans 1933/1953 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
Afrikaans 1983 Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wêreld sal oordeel nie? En as julle oor die wêreld sal oordeel, is julle dan onbevoeg vir sulke geringe hofsake?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? As die wêreld dan deur julle geoordeel gaan word, is julle onbevoeg vir die nietigste regsake?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle almal weet dat die gelowiges eendag die mense van die wêreld sal oordeel. Daarom kan julle self die klein probleempies regmaak wat julle met mekaar het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Het julle dan vergeet dat die mense van hierdie wêreld juis eendag voor God se kinders sal moet verskyn om die finale oordeel oor hulle te hoor? As julle dan eendag regters oor al die mense van hierdie wêreld gaan wees, dink julle nie dat julle mans genoeg behoort te wees om klein verskilletjies onder mekaar op te los nie? Ek wil dit nog sterker stel.