1 Corinthians 6:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vlug die hoerery. Elke sonde wat 'n mens doen, is sonder die liggaam; maar hy wat hoereer, sondig teen sy eie liggaam.
Afrikaans (NLV) 2011 Vlug dus weg van seksuele losbandigheid. Geen ander sonde beïnvloed ’n mens se liggaam so direk soos hierdie een nie. Want as jy seksuele losbandigheid bedryf, sondig jy teen jou eie liggaam.
Afrikaans 1933/1953 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
Afrikaans 1983 Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vlug weg van onsedelikheid. Elke sonde wat 'n mens doen, is buite sy liggaam, maar iemand wat seksueel losbandig optree, sondig teen sy eie liggaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie onsedelik lewe nie. Al die ander sondes wat 'n mens doen, doen hy nie aan sy liggaam nie, maar wanneer hy onsedelik lewe, dan is dit 'n sonde wat hy aan sy eie liggaam doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak dat julle wegkom van verkeerde seksuele dinge af. Bly daarvan weg. Allerhande ander sondes raak nie jou liggaam so direk nie. Maar as jy op seksuele gebied verkeerde dinge begin doen, is jou liggaam direk daarby betrokke. Die verkeerde dinge gebeur nie daar ver nie, maar in en met jou liggaam.