1 Corinthians 6:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat? Weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, een liggaam is nie? want twee, sê Hy, sal een vlees wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Of dink julle nie daaraan dat iemand wat homself aan ’n prostituut verbind, liggaamlik met haar een word nie? Die Skrif sê tog: “Die twee sal tot een liggaam verenig word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. |
| Afrikaans 1983 | Of weet julle nie dat iemand wat met 'n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: “Die twee sal een word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Of weet julle nie dat iemand wat met 'n prostituut gemeenskap het, een liggaam met haar word nie? Daar staan immers: “Die twee sal een liggaam wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle weet almal dat wanneer 'n mens seks het met 'n prostituut, dan word jou liggaam en haar liggaam saam één liggaam. Want in die Ou Testament is geskryf: Hulle twee sal soos een mens wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat by ’n slegte vrou slaap, word eintlik self soos daardie slegte vrou - ’n mens sou kon sê dat hulle soos een mens word. Hulle sê mos: “As twee saamslaap, word hulle eintlik soos een mens.” |