1 Corinthians 6:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vleis vir die maag en die maag vir vleis, maar God sal dit sowel as hulle vernietig. Nou is die liggaam nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sê: “Kos is vir die maag en die maag is vir kos.” Dis waar, maar God sal eendag albei hierdie dinge tot niet maak. Ons liggame is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie. Hulle is daar vir die Here, net soos die Here sorg dra vir ons liggame.
Afrikaans 1933/1953 Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
Afrikaans 1983 Hulle sê ook: “Kos is vir die maag, en die maag vir kos.” Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kos is vir die maag en die maag vir kos,” maar God sal die een en ook die ander vernietig. Die liggaam is tog nie daar vir onsedelikheid nie, maar vir die Here, en die Here vir die liggaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sê ook kos moet na 'n mens se maag gaan, en die maag moet kos kry. Maar julle moet onthou: Die kos en 'n mens se maag behoort altwee aan God. God sal dit vir ons wys wanneer Hy eendag kom en besluit dat die maag en kos nie meer nodig is nie. Dit is dieselfde met 'n mens se liggaam: Die Here het ons liggame gemaak, nie om onsedelik te lewe nie, maar om Hom te dien. Ons liggame behoort aan die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle weet wat mense sê: “Eers eet jy om te leef en dan leef jy om te eet.” Vir God maak dit nie saak nie, want dit is nie wat belangrik is nie. Nie kos of die maag sal vir ewig hou nie. Vir een ding is ons liggaam nie bedoel nie en dit is om net instrumente vir seks te wees. Ons het ’n liggaam om die Here mee te dien en die Here sorg op sy beurt vir ons liggaam. God sal ons dooie liggaam eendag weer lewendig maak.