1 Corinthians 6:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles is my geoorloof, maar alles is nie nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal nie onder die mag van iemand gebring word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy kan dalk sê: “Ek mag nou enigiets doen.” Maar ek sal daarop antwoord: “Nie alles is vir jou goed nie. Selfs al sê jy ‘ek mag enigiets doen’, mag ek my nie deur enigiets laat verslaaf nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar is mense wat sê: “Alles is my geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is my geoorloof,” sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Alles is my geoorloof,” maar nie alles is voordelig nie. “Alles is my geoorloof,” maar ek sal my deur niks laat oorheers nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet julle sê 'n mens mag alles doen. Maar julle moet onthou: Alles is nie goed vir 'n mens nie. Julle sê 'n mens mag alles doen, maar ek sê jy mag nie iets so belangrik laat word dat dit oor jou regeer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Mens kan redeneer: “Ek mag enigiets doen.” Maar al mag jy volgens die reëls iets doen, beteken dit nie dat dit vir jou geestelik goed is nie. Ek kan sê: “Ek mag enigiets doen,” maar dit beteken glad nie dat ek myself in ernstige moeilikheid gaan laat beland nie. |