1 Corinthians 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was sommige van julle: maar julle is gewas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense op grond van wat die Here Jesus Christus en die Heilige Gees van God vir julle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
Afrikaans 1983 En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So was sommige van julle ook, maar julle het julle laat was, julle is geheilig, en julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus •Christus en deur die Gees van ons God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, party van julle het hierdie dinge gedoen. Maar nou het God julle sondes afgewas, Hy het julle aan Hom gewy. Hy het julle vrygespreek omdat julle aan die Here Jesus Christus behoort en omdat die Gees van ons God in julle harte gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle herken seker hierdie beskrywings, want daar was ’n klomp van julle wat voorheen so geleef het. Maar julle lewe het verander - God het die sonde soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God.