1 Corinthians 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Durf iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, na die reg gaan voor die onregverdiges, en nie voor die heiliges nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer een van julle ’n geskil met ’n medegelowige het, gaan julle werklik so ver om ’n sekulêre hof om ’n beslissing te vra in plaas van julle medegelowiges?
Afrikaans 1933/1953 Durf iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
Afrikaans 1983 Gaan iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe durf enigeen van julle wat 'n klag teen 'n ander het, dit deur die onregverdiges laat besleg en nie deur heiliges nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek hoor party van julle vat ander gelowiges na die hof. Hoekom doen julle dit? Julle wil hê die regters wat nie gelowiges is nie, moet die probleem regmaak. Hoekom vra julle nie vir gelowiges in die gemeente om die probleem reg te maak nie? Dit sal beter wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vat julle mekaar regtig hof toe? Ek kan dit byna nie glo nie. Sê nou een van julle voel ’n mede-Christen het hom verkul en dat dit reggestel moet word. Hoekom hardloop julle hof toe waar ’n klomp ongelowiges wat niks van God en sy wil af weet nie, sal moet besluit wie van julle twee reg is? Het dit nie baie meer sin om na mede-Christene toe te gaan en saam met hulle die saak op te los nie?