1 Corinthians 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat ons daarom die fees vier, nie met ou suurdeeg of met die suurdeeg van boosheid en boosheid nie; maar met die ongesuurde brode van opregtheid en waarheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. |
| Afrikaans 1983 | Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat ons daarom feesvier, nie met ou suurdeeg, die suurdeeg van kwaad en boosheid nie, maar met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet ons hele lewe soos die Paasfees wees. Maar ons moenie lewe soos mense wat die Paasfees vier met ou suurdeeg nie. Want as ons dit doen, dan doen ons slegte en verkeerde dinge. Ons moet lewe soos mense wat die Paasfees vier met ongesuurde brood. Dan sal ons eerlik en reg voor die Here lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ons dan die fees hou. Maar om dit te hou moet daar niks van al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, soos ou suurdeeg in ons oorbly nie. Al wat vir die gemeente moet oorbly, is om skoon te leef en te doen wat reg is. |