1 Corinthians 5:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) om so iemand aan die Satan oor te lewer tot vernietiging van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan moet julle daardie man aan Satan oorgee sodat sy sondige aard vernietig word, maar hyself verlos kan word op die oordeelsdag.
Afrikaans 1933/1953 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
Afrikaans 1983 So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ...
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die man wat hierdie sonde gedoen het vir die Satan gee, dan sal die Satan oor hom regeer. Die Satan sal hom baie swaar laat kry, sodat die Here hom kan red wanneer die dag van die Here kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gooi daardie onsedelike man uit die gemeente uit sodat hy kan voel hoe dit is om sonder die Here in die greep van Satan te leef. So sal die sonde wat hy so lustig doen vir hom sleg begin word. Hy sal besef dat die gevolge daarvan nie so lekker is as wat dit altyd lyk nie. Dan sal hy terugdraai na God toe en wanneer die Here weer kom, sal hy weer aan die kant van God staan.