1 Corinthians 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek het voorwaar, as afwesig van liggaam, maar teenwoordig in gees, reeds geoordeel, asof ek teenwoordig was, oor hom wat hierdie daad gedoen het,
Afrikaans (NLV) 2011 [3-4] Al was ek nie self daar saam met julle nie, is ek tog in die gees by julle en het ek, asof ek teenwoordig is, al klaar in die Naam van ons Here Jesus ’n oordeel uitgespreek oor die man wat so iets gedoen het. Julle moet ’n gemeentevergadering saamroep. Ek sal in die gees daar wees en die krag van ons Here Jesus sal ook saam met julle daar wees.
Afrikaans 1933/1953 Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,
Afrikaans 1983 [3-4] Wat my betref, al was ek nie persoonlik by julle nie, was ek tog in die gees daar. Asof ek werklik daar was, het ek oor die man wat so iets gedoen het, reeds in die Naam van ons Here Jesus tot 'n besluit gekom. Julle daar, en ek in die gees teenwoordig, saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat my betref, alhoewel ek liggaamlik afwesig is, is ek in die gees by julle. Asof teenwoordig, het ek reeds die man wat so 'n ding gedoen het, geoordeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is nie self nou daar by julle nie, maar dit voel of ek daar is. Daarom wil ek praat soos iemand wat daar by julle is. Ek het klaar besluit wat moet gebeur met die man wat hierdie sonde doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [3-4] Hoewel ek nie self daar is nie, is ek in my gedagtes by julle. Ek het mooi nagedink wat ek met sulke mense sou doen as ek daar was. Hulle kan nie so aangaan nie. Kom bymekaar as gemeente wat onder die gesag van die Here Jesus staan. Ek sal in my gedagtes ook daar by julle wees. Die Here Jesus sal vir julle die krag gee om te doen wat reg is.