1 Corinthians 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle is opgeblase en het nie eerder getreur nie, dat hy wat hierdie daad gedoen het, onder julle weggeneem sou word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En dan is julle nog so trots op julleself! Pleks dat julle treur en toesien dat hierdie man wat sulke dinge aanvang, uit julle midde verwyder word! |
| Afrikaans 1933/1953 | En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit. |
| Afrikaans 1983 | En dan verbeel julle julle nog julle is beter as ander. Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring verwyder het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tog is julle steeds hoogmoedig! Moes julle nie eerder treur, en toesien dat hy wat hierdie daad gepleeg het, uit julle midde verwyder word nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En julle dink nog altyd julle is beter as ander mense. As julle jammer was oor hierdie sonde, dan was dit beter. Dan sou julle gesê het die man wat hierdie ding doen, mag nie meer aan julle gemeente behoort nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En dan dink julle julle is soveel beter as ander mense. Moet dit nie liewer julle hart breek nie? Behoort julle nie liewer mense wat sulke dinge aanvang te waarsku dat hulle uit die gemeente gesit sal word as hulle so voortgaan nie? |