1 Corinthians 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wat moet ek doen om ook die wat buite is, te oordeel? oordeel julle nie die wat binne is nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Dis nie my taak om oor die buitestanders te oordeel nie. Maar dit is tog sekerlik julle verantwoordelikheid om te oordeel oor dié binne die gemeente wat hulle op hierdie manier skuldig maak.
Afrikaans 1933/1953 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
Afrikaans 1983 [12-13] Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: “Verwyder die slegte mens onder julle uit!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom sou ek die buitestanders oordeel? Moet julle nie eerder diegene in julle eie geledere oordeel nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [12-13] Ek wil nie die mense oordeel wat nie aan die gemeente behoort nie. God sal hulle oordeel. Maar julle moet die mense oordeel wat aan die gemeente behoort. In die Ou Testament is geskryf: Julle moet 'n slegte mens afsny van die gemeente.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is nie my werk om oor nie-Christene se lewe skeidsregter te speel nie.