1 Corinthians 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Tog nie heeltemal met die hoereerders van hierdie wêreld, of met die geldgieriges, of rowers of met afgodedienaars nie; want dan moet julle uit die wêreld uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarmee het ek hoegenaamd nie die ongelowiges van die wêreld bedoel wat ’n onsedelike lewe lei of gierigaards of swendelaars of afgodsdienaars is nie. Om dit reg te kry sou julle hierdie wêreld moes verlaat!
Afrikaans 1933/1953 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan --
Afrikaans 1983 Daarmee het ek glad nie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgodsdienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarmee het ek beslis nie die hoereerders van hierdie wêreld bedoel nie, of die gierigaards en rowers of afgodedienaars nie, want dan sou julle uit die wêreld moes weggaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle moenie vir my verkeerd verstaan nie. Ek het nie gesê julle moet wegbly van die mense van hierdie wêreld wat onsedelik lewe nie, of van mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of van mense wat ander mense aanval en hulle geld vat, of van mense wat afgode aanbid nie. Want as julle van daardie mense wil wegbly, dan sal julle heeltemal uit die wêreld moet weggaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het nie gepraat van nie-Christene wat verkeerde dinge doen soos seksuele sonde, of wat net vir geld leef of met lieg en bedrieg ander uitbuit nie. Ek het nie mense bedoel wat in plaas van God allerhande ander goed aanbid nie. As ek van hulle gepraat het toe ek gesê het julle moet nie met sulke mense deurmekaar raak nie, sou dit mos beteken het dat ons op ’n ander planeet moes gaan bly.