1 Corinthians 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar word algemeen gerapporteer dat daar hoerery onder julle is, en so 'n hoerery wat nie soseer onder die heidene genoem word nie, dat iemand sy vader se vrou moet hê.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kon my ore byna nie glo om van die seksuele vergrype onder julle te hoor nie — daarby van so ’n ernstige aard dat dit selfs nie onder die ongelowiges voorkom nie. Ek moes verneem dat daar iemand in julle gemeente is wat met sy stiefma in sonde saamleef.
Afrikaans 1933/1953 'n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
Afrikaans 1983 'n Mens hoor werklik van onsedelikheid onder julle, en dan nogal onsedelikheid van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie voorkom nie, naamlik dat 'n man en sy stiefma as man en vrou saamleef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Mens hoor werklikwaar van onsedelikheid onder julle, en dan 'n soort seksuele losbandigheid wat selfs nie onder die heidene geduld word nie – dat 'n man met sy vader se vrou saamleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gehoor daar is mense by julle wat onsedelik lewe. Die sonde wat hulle doen, is so groot dat ek dit nie kon glo nie. Ook die heidene dink dit is verkeerd. Ek het gehoor daar is 'n man wat by sy stiefma slaap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand het my vertel dat daar in die gemeente mense is wat baie onsedelik leef. Ek het gehoor dit is so erg dat selfs die nie-Christene hulle skaam en nooit sulke dinge sal doen nie. Neem byvoorbeeld daardie twee wat soos man en vrou saamleef, maar eintlik is hulle kind en stiefma.