1 Corinthians 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek dink dat God vir ons die apostels laaste as 'n dood bestem het aangestel het, want ons is 'n skouspel vir die wêreld en vir engele en vir mense.
Afrikaans (NLV) 2011 Soms lyk dit vir my of God aan ons wat apostels is, die heel agterste plek in die prosessie toegeken het. Ons is soos terdoodveroordeeldes wat in die arena moet sterf, ’n skouspel waarmee die hele wêreld spot — engele sowel as mense.
Afrikaans 1933/1953 Want dit lyk vir my dat God ons apostels die laaste plek aangewys het as tot die dood veroordeel; want ons het 'n skouspel geword vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.
Afrikaans 1983 Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels, die laaste plek in die ry gegee asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is. Ons het 'n skouspel geword vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit lyk vir my of God ons •apostels as die heel laastes aangewys het, asof ons ter dood veroordeel is, omdat ons 'n skouspel geword het vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons is apostels, maar ek dink God het vir ons die minste belangrik van almal gemaak. Ons is soos mense wat moet sterf omdat 'n regter gesê het ons moet die doodstraf kry. En nou wil die hele wêreld, mense én engele, sien hoe ons sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ek so na julle kyk, lyk dit vir my of God ons - wat spesiaal deur Hom gestuur is - buite gegooi het om daar in die donker en koue van ellende te vergaan. Almal wat leef en beef - of dit nou hemelse wesens of mense is - kan sien hoe sleg dit met ons gaan. Vir ander lyk ons maar dom, maar ons is dit vir Christus. Julle gaan egter deur as die verstandige Christene. Laat ek aangaan.