1 Corinthians 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou is julle vol, nou is julle ryk, julle het as konings geregeer sonder ons;
Afrikaans (NLV) 2011 Julle is so absoluut selfvoldaan! Julle dink julle is al klaar skatryk! Sonder ons het julle al klaar konings geword! Ek wens dit was werklik die geval, want dan sou ons al saam met julle op die troon gesit het!
Afrikaans 1933/1953 Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, sonder ons het julle geheers. Het julle tog maar geheers, sodat ons saam met julle kon heers!
Afrikaans 1983 Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle is mos reeds versadig! Julle is reeds ryk! Sonder ons het julle soos konings begin regeer. Het julle maar waarlik regeer, sodat ons saam met julle kon regeer!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dink julle kan baie tevrede wees met julleself. Julle dink julle het genoeg van alles. Julle dink júlle het konings geword, maar óns, die apostels, is nog nie konings nie. Ek wens julle het konings geword, dan was ons nou saam met julle konings. Maar dit is nie so nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle dink mos julle het alles wat julle nodig het, ja, in julle eie oë is julle geestelike miljoenêrs. Julle gedra julle asof julle die belangrikste mense op die aarde is en ons glad nie nodig gehad het nie. Ek wens dat julle régtig so belangrik geword het, want dan sou ons saam met julle net so belangrik kon wees.