1 Corinthians 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wie laat jou van 'n ander verskil? en wat het jy wat jy nie ontvang het nie? nou as jy dit ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat maak jou beter as enige ander gelowige? Wat het jy wat God nie aan jou gegee het nie? En as dit dan aan jou gegee is, hoe spog jy dan asof jy op eie houtjie presteer het? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want wie trek jou voor? En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie? |
| Afrikaans 1983 | Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want wie ag jou belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarom beroem jy jou daarop asof jy dit nie ontvang het nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom dink jy dat jy beter is as iemand anders? Alles wat jy het, het God vir jou gegee. Hoekom spog jy en maak jy of jy dit self gekry het? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie gee jou miskien die reg om te dink jy is beter as iemand anders? Het jy miskien iets wat jy nie van die Here af gekry het nie? Nou ja, as jy alles van Hom af gekry het, waarom gaan jy so te kere asof dit jy self is wat so goed is? |