1 Corinthians 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hierdie dinge, broeders, het ek in 'n gestalte oorgedra aan myself en op Apollos ter wille van julle; sodat julle by ons kan leer om nie aan mense te dink bo wat geskrywe is nie, sodat niemand van julle opgeblase word vir mekaar teen mekaar nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, ek het myself en Apollos as voorbeelde gebruik sodat julle van ons kan leer. As julle na die Skrif luister, sal julle nie oor julle leiers teenoor mekaar spog nie.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen 'n derde nie.
Afrikaans 1983 In hierdie uiteensetting, broers, het ek myself en Apollos as voorbeelde gebruik om julle te leer wat die gesegde beteken: “Hou jou binne die perke wat God gestel het.” Dan sal niemand hom belangriker as 'n ander beskou oor sy leermeester nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie dinge, broers, het ek om julle onthalwe op myself en Apollos van toepassing gemaak, sodat julle deur ons kan leer om julle nie te verhef bo wat geskryf is nie, sodat niemand homself belangrik sal ag omdat hy vir die een is en teen 'n ander nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, ek en Apollos doen alles waaroor ek nou geskryf het. Ons doen dit vir julle, omdat ons vir julle wil leer. In die Ou Testament is geskryf oor mense wat dink hulle is belangrik. Dit is wat julle ook moet onthou: Niemand mag sê een mens is belangriker as 'n ander mens nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My liewe vriende, ek het myself en Apollos as voorbeeld gebruik om dit vir julle makliker te maak om te verstaan wat die gesegde beteken: “Moenie verder gaan as wat God jou geleer het om te gaan nie.” As julle dit verstaan, sal julle nie die een werker van God prys en die ander een afkraak nie.