1 Corinthians 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar vir my is dit 'n baie geringe ding dat ek deur julle of deur die oordeel van mense geoordeel word; ja, ek oordeel nie myself nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat van my? Was ek betroubaar? Dis vir my werklik nie belangrik hoe julle of enige menslike regbank my beoordeel nie. Ek vertrou selfs nie eers my eie oordeel in hierdie opsig nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie, |
| Afrikaans 1983 | Maar vir my is dit nie van die minste belang of my betroubaarheid deur julle of deur 'n menslike regbank beoordeel word nie. Trouens, ek beoordeel dit self nie eens nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir my is dit nie 'n belangrike saak of ek deur julle of deur enige menslike regbank beoordeel word nie; trouens, ek beoordeel nie eers myself nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit is nie vir my belangrik of ménse miskien sal dink dat ek nie altyd doen wat ek moet doen nie. Dit maak nie saak of daardie mense júlle is of 'n regter nie. Ek sal ook nie self besluit of ek reg gedoen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ek steur my min aan wat ander mense oor my werk kwytraak. Ek self mors ook nie tyd om te sit en tob of ek goed of sleg vaar nie. |