1 Corinthians 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die koninkryk van God is nie in woord nie, maar in krag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om ’n lewe in die krag van God. |
| Afrikaans 1933/1953 | want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag. |
| Afrikaans 1983 | Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want die •koninkryk van God bestaan nie uit 'n gepraat nie, maar uit krag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want waar God Koning is, daar práát mense nie net oor die dinge van God nie, God gee vir hulle krag om te dóén wat Hy wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Immers, as iemand ’n kind van God is, sal ’n mens in die manier waarop hy leef die krag van God kan sien. Dit vra baie meer as om net ’n klomp storietjies te maak. |