1 Corinthians 4:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ek sal gou na julle toe kom, as die Here wil en weet, nie die spraak van die opgeblase nie, maar die krag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek daag egter sommer eersdaags by julle op, as die Here wil. Dan sal ek wel uitvind of hierdie arrogante persone maar net grootpraters is, en of hulle tog oor God se krag beskik. |
| Afrikaans 1933/1953 | tog sal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag; |
| Afrikaans 1983 | Maar binnekort sal ek na julle toe kom, as die Here wil, en dan sal ek self die verwaandes leer ken, nie volgens hulle praatjies nie, maar volgens wat hulle kan doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar as die Here wil, sal ek binnekort na julle kom. Dan sal ek die verwaandes se krag leer ken, en nie net hulle gepraat nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek sál gou weer na julle toe kom, as die Here wil hê dat ek dit moet doen. En dan sal ek uitvind of hierdie mense net praat, en of hulle ook iets doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die Here my toelaat, is ek binnekort weer daar by julle. Dan sal ons sien of daardie ouens wat so baie van hulleself dink net ’n klomp wind is en of daar iets in hulle steek. |