1 Corinthians 4:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou is sommige opgeblase, asof ek nie na jou toe kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe dit lyk of ek nie meer na julle toe sal kom nie, het party van julle arrogant geraak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar sommige het opgeblase geword, asof ek nie na julle sou kom nie; |
| Afrikaans 1983 | Party van julle het gedink ek kom nie weer na julle toe nie en het hulle toe begin aanmatig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van julle het verwaand geword, asof julle aangeneem het dat ek nie na julle kom nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van julle het gedink ek sal nie weer na julle toe kom nie, en daarom het hulle gedink hulle is nou baie belangrik. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is party van julle wat ewe windmakerig hulle invloed in die gemeente wil laat geld en voorgee dat ek nie die moed sal hê om weer na julle toe te kom nie. Daar wag ’n verrassing vir julle. |