1 Corinthians 4:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het ek Timotheus na julle gestuur, wat my geliefde seun is en getrou is in die Here, wat julle sal herinner aan my weë wat in Christus is, soos ek oral in elke gemeente leer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het Timoteus juis om hierdie rede na julle toe gestuur — om julle hierin by te staan. Hy is my geliefde en betroubare kind in die Here. Hy sal julle herinner aan my Christelike optrede en onderrig, soos ek dit oral in elke gemeente doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het ek TimotheÂs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer. |
| Afrikaans 1983 | Om hierdie rede het ek Timoteus, my geliefde en getroue seun in die Here, na julle toe gestuur. Hy sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus, waarin ek ook oral in elke gemeente onderrig gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Om hierdie rede het ek Timoteus, my geliefde en getroue kind in die Here, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my lewenswyse in Christus Jesus, soos wat ek oral, in elke •gemeente, onderrig gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En daarom het ek vir Timoteus na julle toe gestuur. Ek het vir Timoteus gehelp om die Here te leer ken, en nou is hy vir my soos 'n kind, ek is baie lief vir hom. Timoteus sal ook doen wat hy moet doen. Hy sal julle help om te onthou wat ek vir die mense leer. Dit is dieselfde dinge wat Christus Jesus vir die mense geleer het. En dit is dieselfde dinge wat ek vir die mense in al die gemeentes leer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Juis daarom stuur ek Timoteus na julle toe. Hy is vir my soos ’n seun en ek het hom baie lief. Hy is ook baie getrou aan die Here. Hy sal weer met julle gesels oor hoe ek as Christen leef en wat ek oor Christus leer. Julle onthou mos nog. Dit is wat ek oral, in elke gemeente, vir al die mense leer. |