1 Corinthians 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek skryf hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar as my geliefde seuns waarsku ek julle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ek skryf, bedoel ek nie kwetsend nie, maar om julle te vermaan soos ’n mens maak met kinders wat jy liefhet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie dinge skryf ek nie om julle skaam te maak nie, maar om julle as my geliefde kinders tereg te wys, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek skryf nie hierdie dinge om julle skaam te maak nie, maar om julle as my geliefde kinders tereg te wys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek skryf nie hierdie dinge om julle skaam te maak nie. Ek skryf dit om vir julle te leer, want julle is my kinders, ek is baie lief vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek skryf nie oor hierdie dinge op hierdie trant om julle sleg te laat voel nie. Ek doen dit eerder om julle reg te help, want ek het julle lief soos iemand sy eie kinders liefhet. |