1 Corinthians 4:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En arbei en werk met ons eie hande; as ons uitgeskel word, seën ons; as ons vervolg word, ly ons dit: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons moet swoeg deur met ons eie hande te werk. Ons seën dié wat ons uitskel. Ons is geduldig met hulle wat ons vervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; |
| Afrikaans 1983 | en werk hard met ons eie hande. Ons word uitgeskel, en ons antwoord met seënwense; ons word vervolg, en ons verdra dit; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en swoeg deur met ons eie hande te werk. Word ons beledig, seën ons; word ons vervolg, verdra ons; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons werk baie hard om kos en klere vir onsself te kry. Wanneer mense ons beledig, dan bid ons dat dit goed sal gaan met hulle. Wanneer hulle slegte dinge doen aan ons, dan bly ons stil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | kyk net na ons hande, hulle is hard en skurf soos ons werk om aan die lewe te bly. |