1 Corinthians 4:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons is dwase ter wille van Christus, maar julle is wys in Christus; ons is swak, maar julle is sterk; julle is eerbaar, maar ons is verag.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons toewyding aan Christus laat ons dwaas lyk, maar julle is mos die Christene wat weet! Ons is broos, maar julle is die sterkes. Julle is die mense van aansien, maar ons is die veragtes.
Afrikaans 1933/1953 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.
Afrikaans 1983 Ons is dwaas ter wille van Christus, julle is verstandig in Christus; ons is swak, julle is sterk; julle geniet aansien, ons word verag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus; ons is swak, maar julle sterk; julle geëerd, maar ons sonder eer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Almal dink nou dat ons, die apostels, baie dom is omdat ons vir Christus werk. En julle dink júlle is nou baie slim omdat julle vir Christus leer ken het. Julle dink óns is die swak mense en júlle is die sterk mense. Julle dink júlle is die belangrike mense en óns is nie belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons is maar pateties, maar julle is natuurlik die teenoorgestelde; mense behandel julle ordentlik en met respek, maar vir ons behandel hulle asof ons iewers uitgekruip het. Kyk na ons.