1 Corinthians 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een; en elkeen sal sy eie loon ontvang volgens sy eie arbeid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die een wat plant en die een wat natgooi, werk saam en het een gesamentlike doel, alhoewel elkeen sy eie beloning sal ontvang in ooreenstemming met sy eie harde werk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is een wat plant, en dit is een wat natgooi, en elkeen sal sy loon volgens sy eie arbeid ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon wat plant, doen nie belangriker werk as die persoon wat natgooi nie. God sal elkeen beloon vir die werk wat hy gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die een wat die saad plant en die een wat dit nat hou, werk saam soos in een span. Daar is nie ’n verskil in die belangrikheid van wat hulle doen nie. Buitendien is God - en nie ons nie - die Een wat sal sorg dat elkeen van hulle die dank sal kry wat hulle verdien. |