1 Corinthians 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So is dit dan ook nie hy wat iets plant nie, en ook nie hy wat natmaak nie; maar God wat die verhoging gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie plant en wie natgooi, is nie belangrik nie. Die belangrike Een is God, want dit is Hý wat laat groei.
Afrikaans 1933/1953 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
Afrikaans 1983 Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die persoon wat plant en die persoon wat natgooi, is nie belangrik nie. Die Persoon wat laat groei, is belangrik, en dit is God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie dink julle is nou eintlik die belangrikste van hierdie drie? Natuurlik God wat daardie saad lewe gee en dit laat groei.