1 Corinthians 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want terwyl iemand sê: Ek is van Paulus; en nog een: Ek is van Apollos; is julle nie vleeslik nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die een sê: “Ek volg Paulus,” en die ander een sê: “Ek verkies Apollos,” tree julle dan nie op soos mense wat nie aan die Here behoort nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos -- is julle nie vleeslik nie? |
| Afrikaans 1983 | As een van julle sê: “Ek is vir Paulus,” en 'n ander: “Ek is vir Apollos,” is julle dan nie nog wêrelds nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en 'n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van julle sê: “Ek behoort aan Paulus,” ander sê: “Ek behoort aan Apollos.” Wanneer julle so sê, dan doen julle wat die mense van die wêreld doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is dit nie presies wat julle prakties bewys as die een sê: “Ek dink Paulus is die beste dominee,” en die ander een weer: “Nee, ek dink Apollos is beter” nie? |