1 Corinthians 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat niemand homself bedrieg nie. As iemand onder julle wys in hierdie wêreld meen, laat hom 'n dwaas word, sodat hy wys kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie julleself om die bos lei nie. As julle dink dat julle wys is volgens die standaarde van hierdie wêreld, sal julle eers dwaas moet word sodat julle werklik wys kan word volgens God se standaarde.
Afrikaans 1933/1953 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
Afrikaans 1983 Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat niemand homself bedrieg nie. As iemand onder julle in hierdie wêreld meen dat hy wys is, laat hy dwaas word, sodat hy wys kan word;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie julleself bedrieg nie. Een van julle dink miskien hy is slim in hierdie wêreld, maar hy sal eers regtig slim wees wanneer hy weet hy is dom by God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie gekke van julleself maak nie. Moenie dink julle is baie oulik en slim as julle lekker met die mense kan saampraat oor al die aardse dinge wat in die mode is nie. Dit is nie waar werklike wysheid lê nie, want God het alles mooi omgekeer.