1 Corinthians 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand die tempel van God verontreinig, sal God hom vernietig; want die tempel van God is heilig, dit is julle.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom skade aandoen. God se tempel is immers heilig en julle is self daardie tempel.
Afrikaans 1933/1953 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
Afrikaans 1983 As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand die tempel van God skade aandoen, sal God hom skade aandoen; want die tempel van God is heilig, en dié tempel is julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As iemand die tempel van God ontwy, dan sal God daardie persoon straf, want die tempel van God behoort aan God. En júlle is daardie tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand God se tempel skade aandoen, sal hy met God self te doen kry. En dit gaan nie lekker wees nie, want God se tempel behoort aan Hom. Dit is Syne en net Syne. Julle is daardie tempel van God.