1 Corinthians 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek as 'n wyse boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
Afrikaans (NLV) 2011 Op grond van die genade wat God aan my bewys het, het ek soos ’n meesterbouer die fondament gelê. Ander bou daarop voort. Maar elkeen wat op hierdie fondament bou, moet baie versigtig wees.
Afrikaans 1933/1953 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.
Afrikaans 1983 Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos 'n goeie bouer die fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Volgens die genade deur God aan my gegee, het ek soos 'n bedrewe bouer 'n fondament gelê, en 'n ander bou daarop. Elkeen moet egter let op hoe hy daarop bou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God was genadig vir my. Hy het gesê ek mag die fondament bou. Toe het ek soos 'n goeie bouer die fondament gebou, en 'n ander bouer bou verder daarop. Elkeen moet goed kyk hoe hy daarop bou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God was baie goed vir my en het my geleer om in julle gemeente te werk soos ’n bouer wat sy werk ken. Ek het die fondament stewig en goed gelê. Ander bouers werk nou verder aan die gebou. Elkeen wat daarná bou, moet egter doodseker maak dat hy behoorlik en reg bou.