1 Corinthians 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek, broeders, kon nie met julle spreek soos met geestelikes nie, maar soos met vleeslikes, soos met kindertjies in Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 Broers en susters, toe ek by julle was, kon ek nie met julle praat soos met geestelik volwassenes nie. Ek moes met julle praat soos met mense wat nog wêrelds is, soos met kindertjies in die Christelike geloof.
Afrikaans 1933/1953 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
Afrikaans 1983 Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vriende, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie. Ek het met julle gepraat soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies wat vir die eerste maal van Christus gehoor het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My vriende, ek kon nie met julle praat soos met mense wat die geestelike dinge van God verstaan en so leef nie. Ek moes sowaar met julle praat soos met mense wat glad nie bekommerd is oor wat God wil hê nie. Julle het net aan julleself gedink. Julle was net soos mense wat so pas Christene geword het en nog nie mooi weet wat Jesus van julle verwag nie. Geestelik was julle soos pap babatjies.