1 Corinthians 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want 'n groot en kragtige deur is vir my oopgemaak, en daar is baie teëstanders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | want hier staan nou ’n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat op die evangelie reageer. Daar is egter ook baie teenstanders. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want 'n groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders. |
| Afrikaans 1983 | want hier staan 'n groot en belangrike deur vir my oop, maar hier is ook baie teenstanders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want 'n deur het groot en kragtig vir my oopgegaan, hoewel daar baie teenstanders is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want die Here het nou vir my gehelp sodat ek hier belangrike werk vir Hom kan doen. Maar daar is baie mense wat vyande is van die goeie boodskap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | want hier het ’n klomp goeie dinge gebeur wat ek nie so kan los nie - die Here het vir my wonderlike geleenthede gegee om vir mense van Hom te vertel. Daar is ook ’n klompie wat probeer keer dat ek vir die Here werk. |